Die Heel Beste Rede lyrics

by

Juanita du Plessis


Kom ons staan voor die Heer
En bely dat Hy regeer
Kom ons sien die Hemel Koning op Sy troon
Laat ons al die hulde bring
En Sy lof en eer besing
Laat ons lofsange die plek wees waar Hy woon

Hef jou hande (Hef jou hande)
Na bo (Op na bo)
Al wat Hy vra (Wat Hy vra)
Is dat ons glo (Is dat ons glo)
En as jy weet jy is vry
Is dit die heel beste rede

Om te kniel voor die Vader
In gebed tot Hom te nader
En Hom as Koning en Verlosser te bely
Om Hom te dank vir Sy genade
Vir Sy seën en wonderdadе
Want die krag van Sy waarheid maak ons vry

Hef jou handе (Hef jou hande)
Na bo (Op na bo)
Al wat Hy vra (Wat Hy vra)
Is dat ons glo (Is dat ons glo)
En as jy weet jy is vry
Is dit die heel beste rede
Om te gaan na die nasies
Want sy opdrag was basies
Om te doen en te lewe net soos Hy
Want deur Sy wonderwerke
Is daar nou ook geen perke
Aan wat Jesus kan doen deur jou en my

Hef jou hande (Hef jou hande)
Na bo (Op na bo)
Al wat Hy vra (Wat Hy vra)
Is dat ons glo (Is dat ons glo)
En as jy weet jy is vry
Is dit die heel beste rede

Om met simbaal en drom te raas
En die shofars hard te blaas
Want die groot dag van Jesus kom beslis
Die dag wat elke knie sal buig
En elke mond nog sal getuig
Dat die Ruiter op die wit perd Koning is

Hef jou hande (Hef jou hande)
Na bo (Op na bo)
Al wat Hy vra (Wat Hy vra)
Is dat ons glo (Is dat ons glo)
En as jy weet jy is vry
Is dit die heel beste rede vir my
En as jy weet jy is vry
Is dit die heel beste rede
Heel beste rede
Heel beste rede vir my
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z #
Copyright © 2012 - 2021 BeeLyrics.Net