’n Handjie Vol Van Jou lyrics

by

Juanita du Plessis


Net 'n bietjie liefde

Net 'n bietjie liefde
Net 'n handjievol van jou
Net 'n bietjie water om die honger weg te hou
Net 'n sakkie vol gedagtes, sodat ek jou kan onthou
Net 'n bietjie liefde
Net 'n handjievol van jou

'n Hartjie in die wasem van die spieël
'n Briefie om te sê jy dink aan my
'n Hand wat saggies raak aan myne
Wanneer niemand anders sien
Wat doen ek om jou te verdien

Net 'n bietjie liefde
Net 'n handjievol van jou
Net 'n bietjie water om die honger weg te hou
Net 'n sakkie vol gedagtes, sodat ek jou kan onthou
Net 'n bietjie liefde
Net 'n handjievol van jou

Stilte as die son vir ons kom nagsê
'n Oomblik wat ons weet wat ons wil hê
Glimlag duisend woorde vol
Wanneer niemand anders hoor
Waar het ek my hart verloor
Net 'n bietjie liefde
Net 'n handjievol van jou
Net 'n bietjie water om die honger weg te hou
Net 'n sakkie vol gedagtes, sodat ek jou kan onthou
Net 'n bietjie liefde
Net 'n handjievol van jou

Net 'n sakkie vol gedagtes, sodat ek jou kan onthou
Net 'n bietjie liefde
Net 'n bietjie liefde
Net 'n handjievol van jou
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z #
Copyright © 2012 - 2021 BeeLyrics.Net