Waar Ek U Ontmoet lyrics

by

Juanita du Plessis


Hier waar ek in stilte wag
Hier waar alles in my na U smag
Voel ek U so naby my
Ek kannie praat
Nie eers amper asem kry
Saggies daal U gees oor my neer
En ek buig voor U o Heer

Hoo ooh ooh
Ek weet U is hier
Hoo ooh ooh
Ek weet U is hier

Ek voel hoe al my vrese verdwyn
En liefde oor my skyn
Hoe die wêreld om my klein raak
Die besef U is al wat saakmaak

Ek wens ek kon vir altyd net hier bly
Dis hierdie vrede wat ek nêrens anders kry
Die oomblik heilig soet
Hier waar ek U ontmoet

Ek voel hoe U my stywer hou
U stem wat sê jy kan my net vertrou
U vreugde wat my hart omring
Die woorde uit my mond
Wat net wil sing
Heilig is U naam
O Heer
Ek buig nou voor U neer
Hoo ooh ooh
Ek weet U is hier
Hoo ooh ooh
Ek weet U is hier

Ek voel hoe al my vrese verdwyn
En lig hier oor my skyn
Hoe die wêreld om my klein raak
Die besef U is al wat saakmaak

Ek wens ek kon vir altyd net hier bly
Dis hierdie vrede wat ek nêrens anders kry
Die oomblik heilig soet
Hier waar ek U ontmoet

Die oomblik heilig soet
Hier waar ek U ontmoet
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z #
Copyright © 2012 - 2021 BeeLyrics.Net